Ebola

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Ebola
Klassifikasie en eksterne bronne
ICD-10 A98.4
ICD-9 065.8
DiseasesDB 18043
MedlinePlus   001339
eMedicine med/626
MeSH D019142
Mediese waarskuwing

Ebola of Ebola hemorragiese koors is 'n ernstige menslike siekte wat deur die ebolavirus veroorsaak word. Die siekte veroorsaak 'n hoë sterftesyfer en daar is geen spesifieke behandeling of medisyne teen die virus beskikbaar nie. Die siekte is skaars en kom tipies in die vorm van plaaslike uitbrekings in lande in Sentraal-Afrika voor. Die naam ebola kom van die gelyknamige rivier in die Kongo waar 'n uitbraak in 1976 plaasgevind en ebola vir die eerste keer erken en bewys is.

Twee verpleegsters by Mayinga N'Seka, wat twee dae later weens ernstige inwendige bloeding oorlede is.
Ebola-epidemie in Wes-Afrika 2014
Epidemiese verspreiding van Ebola in Guinee, Liberië en Sierra Leone in die somer van 2014[1]

Die siekte word deur kontak met die bloed of liggaamlike vloeistowwe van 'n besmette dier (tipies ape of vrugtevlermuise) opgedoen.[2] Dit word nie natuurlik deur die lug oorgedra nie.[3] Daar word geglo dat vrugtevlermuise die virus versprei sonder om self daardeur beïnvloed te word. Sodra menslike besmetting voorkom, kan die siekte verder tussen mense versprei. Manlike oorlewendes kan die siekte vir byna twee maande daarna deur semen oordra.

Ten einde 'n diagnose te maak, moet ander siektes met soortgelyke simptome soos malaria, cholera en ander virale hemorragiese koors eers geëlimineer word. Bloedmonsters kan dan vir virale teenliggaampies, virale RNS, of vir die virus self getoets word om die diagnose te bevestig.[2]

  1. "2014 Ebola Outbreak in West Africa – Outbreak Distribution Map" (in Engels). Centers for Disease Control and Prevention (CDC). 14 September 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2020. Besoek op 21 September 2014.
  2. 2,0 2,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named WHO2014
  3. "2014 Ebola Virus Disease (EVD) outbreak in West Africa". WHO. 21 April 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2020. Besoek op 3 Augustus 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search